![]() |
|
Wie is SA se 2008 Onderneming van die
Jaar?
Met erkenning, publisiteit en pryse van meer as R100 000 op die spel, word
ondernemings landwyd weereens uitgenooi om mee te ding vir die titel van
Onderneming van die Jaar.
Die kompetisie, wat onder die vaandel van die die AHI aangebied word, met Old
Mutual as hoofborg, stel hom ten doel om algehele profiel van ondernemings in
die land te verhoog.
Deur die kompetisie beoog die AHI en Old Mutual voorts om ʼn gesonde kultuur van
mededinging binne die sakesektor te vestig asook om die algehele vlak van
dienslewering landwyd te verbeter. Die kompetisie identifiseer en gee erkenning
aan ondernemings wat uniek is, wat uitstekende diens lewer en wat ʼn bydrae tot
werkskepping maak.
Kompetisie kategorieë
Kategorie 1: Ope afdeling vir ondernemings met ʼn jaarlikse omset van R15
miljoen of meer.
Kategorie 2: Kleinsake-afdeling vir ondernemings met ʼn jaarlikse omset
van minder as R15 miljoen.
Pryse
Die algehele wenner in elk van die kategorieë sal R25 000 kontant ontvang,
gratis mediablootstelling asook ʼn Onderneming van die Jaar trofee en
sertifikaat. Elk van die naaswenners in die twee kategorieë sal R15 000 kontant
ontvang en gratis mediablootstelling. Die derde plek wenners sal elk R10 000
kontant ontvang asook gratis mediablootstelling.
Wie mag deelneem?
Alle diens- handel- of industriële ondernemings wat produkte vervaardig, of
dienste lewer mag deelneem. Enige eienaar, of bestuurslid van ʼn onderneming wat
aan die kompetisie-kriteria voldoen mag ʼn onderneming nomineer of inskryf vir
die kompetisie.
Enige derde party, wat glo dat ʼn bepaalde onderneming of maatskappy aan die
kriteria van die kompetisie voldoen, mag sodanige onderneming nomineer of
inskryf, maar met die toestemming van die eienaar, of bestuur van daardie
maatskappy.
Hoe om in te skryf?
Inskrywingsvorms en verdere inligting is beskikbaar by
www.oldmutual.co.za/enterprise. Ondersteunings dokumente moet gepos word aan:
Onderneming van die Jaar Kompetisie, Posbus 43297, Industria, 2042. Deelname is
gratis en die sluitingsdatum is 15 Julie 2008.
Moenie Old Mutual se landwye werkwinkels vir familie-ondernemings tussen April en Augustus misloop nie. Vir nader inligting, besoek www.oldmutual.co.za of skakel Tracy Kroukamp by (021) 509-2462.